
Juanita du Plessis – Vir Solank As Ek Leef Lyrics
Artist: Juanita du Plessis
Song: Vir Solank As Ek Leef
Ek het my altyd verbeel
Dat ek vir ewig kon speel
Dat liefde my nooit sou vang nie
Ek was hardkoppig en jonk
‘n Mooi prinses in ’n tronk
En al die sleutels was myne
Toe sien ek jou deur die ruite
En ek moes uit my kasteel ontvlug
Vir solank as ek leef
Bly jy deel van my drome
Vir solank as ek leef
Bly jy woon in my hart
Vir solank as ek leef
Ja altyd sê ek die woorde
Ek is joune vir solank as ek leef
Jy bly ‘n raaisel vir my
En al gaan jare verby
Bly jy vir my geheimsinnig
Kyk twee en twee maak tog vier
Die hele legkaart is hier
Maar daar’s ’n deeltjiе wat weg is
Dit maak jou onweerstaanbaar
Dis daardie iets wat my diе pad laat loop
Vir solank as ek leef
Bly jy deel van my drome
Vir solank as ek leef
Bly jy woon in my hart
Vir solank as ek leef
Ja altyd sê ek die woorde
Ek is joune
Vir solank as ek leef
Ware liefde
Ken geen grense
Ken geen tyd
My hele lewe
Gee ek vir jou
Vir solank as ek leef
Bly jy deel van my drome
Vir solank as ek leef
Bly jy woon in my hart
Vir solank as ek leef
Ja altyd sê ek die woorde
Ek is joune vir solank as ek leef
Ek is joune vir solank as ek leef
Find more lyrics at https://dcslyrics.com


Disclosure: As an Amazon Associate and an Apple Partner, we earn from qualifying purchases
Juanita du Plessis – Vlieg Hoog
Juanita du Plessis – Wit Vlag
Juanita du Plessis Lyrics – Vir Solank As Ek Leef
Please support our site by sharing it.
And please follow our site to get the latest lyrics for all your favourite songs.
Release Year: 2008